AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate op


Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 18 en 19 Maart 2019 die inisiatief geneem en self slaggate in dié dorp opgevul. Die tak het ook tydens hierdie projek ’n petisie teen die munisipaliteit se swak dienslewering geloods.

Die tak het tydens hierdie twee dae in samewerking met Jetpatcher SA 1 388 slaggate opgevul.

“AfriForum se Bethlehem-tak pak hierdie aksies aan omdat ons in selfdoen glo. Indien niemand iets aan die saak gaan doen nie, gaan alles net verswak; daarom onderneem ons om meer volhoubare selfdoenprojekte soos hierdie van stapel te stuur. As ons as gemeenskap saamstaan en werk om probleme uit die weg te ruim, kan ons ’n beter omgewing vir elkeen skep,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir hul bydraes tydens die projek. Dankie aan al die AfriForum-lede in Bethlehem wat dit alles moontlik maak met hul maandelikse bydraes. Sonder julle ondersteuning sal ons dit nie kan doen nie,” sê Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak

AfriForum se Bethlehem-tak pak gereeld sulke volhoubare selfdoenprojekte aan. Die tak nooi graag die gemeenskap uit om meer betrokke te raak.
Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings