AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het die afgelope naweek aan die burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Meer as 160 buurtwaglede, lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye – waaronder Bloemsec, Nissi en ITR – asook Life Rosepark se ambulansdienste het suksesvol aan dié patrollie deelgeneem.

“Die patrolleerders het ’n groot gedeelte van Bloemfontein tussen 20:00 Vrydagaand  en 03:00 Saterdagoggend  in skofte van drie ure elk met 90 voertuie gepatrolleer. In totaal is bykans 5 800 km afgelê is. Die patrolleerders het onder meer gehelp om verkeer ná ’n ongeluk te reguleer en ook ’n handsak met verskeie persoonlike besittings opgespoor wat vermoedelik gesteel is. Geen ernstige misdaadvoorvalle is egter aangemeld nie,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Myburg voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was.

Soortgelyke plasings