| |

AfriForum se Bloemfontein-takke maak ’n verskil

AfriForum Bloemfontein se takke het tydens Mei maand verskeie skoonmaak aksies en veiligheidsinisiatiewe aangepak in Langenhovenpark, Uitsig, Universitas, Wilgehof, Hospitaalpark, Rayton-Heuwelsig en Fichardtpark.

Die Langenhovenpark-tak het hul volhoubare skoonmaakprojek in Du Plessis-rylaan voortgesit. Die tak het hulle roosboomprojek geloods en dié roosbome word weekliks in stand gehou. Die tak het ook in totaal al meer as 200 ha gras gesny in verskeie velde in Langenhovenpark en die tak spog ook met ’n nuwe grassnyer. Die bestaande padmerke in Du Plessis-rylaan is ook in die proses om oorgeverf te word.

In Uitsig, Generaal De Wet, Pellissier en Hospitaalpark is vullis opgetel wat in die strate gelê het, sowel as in die parkie waar rommelversamelaars deur rommel sorteer en nie altyd die park skoonmaak ná die tyd nie.

Die Rayton-Heuwelsig-tak het reeds drie parke as deel van hul volhoubare skoonmaakprojek skoongemaak en word in hierdie projek ondersteun deur Anchor of Hope. Die parke wat tans deur die tak skoongemaak word is die parke in Lucas Steyn-, Flockemanstraat en David Bothasingel. Hierdie tak het ook hul nuutste volhoubare skoonmaakaksie afgeskop in Reyneckelaan en hierdie aksie vind in samewerking met City Run plaas.

AfriForum se Wilgehof-tak het ook tussen 5 Mei en 25 Mei saam met verskeie woonbuurtassosiasies asook die DA, groot skoonmaakaksies aangepak. Bossiekappers en grassnyers is ingespan en hulle het ook vullis opgetel. Die tak het ook gras en bossies gesny en verwyder in verskeie velde en middelmanne, onder meer in Montgomeryweg, Aalwyn-, Roselaan, Halse- en Mauritzstraat sowel as by die Rooikappie Kleuterskool.

Die Wilgehof-tak het ook op 28 Mei die NG Kerk Gardeniapark bygestaan met ’n veiligheidsaksie en verder het hulle ook ’n bewusmakingsaksie saam met hul sekuriteit en mediese vennote VR-Security en VR-Medical gedoen. Die tak het ook op hierdie dag vir die gemeenskap gewys waarmee hulle besig is en die AfriForum Lugvleuel het gewys hoe hommeltuie ingespan word om te help met misdaadbekamping.

AfriForum se Pellissier-buurtwag het op 10 Mei ’n bewusmakingsaksie gehou saam met VR-Security en VR-Medical.

’n Totaal van 178 patrollies is deur 54 patrollielede afgelê in Mei. Die volgende insidente is hanteer en aangemeld:

  • Rayton-Heuwelsig-buurtwag het bystand verleen aan die SAPD met kabeldiefstal verdagtes.
  • Uitsig-buurtwag het ’n gesamentlike patrollie gehad saam met die SAPD en plaaslike GPF.
  • Langenhovenpark se buurtwag het op 6 Mei ’n gesamentlike operasie saam met die SAPD en verskeie ander rolspeler uitgevoer waar 38 bosslapers verwyder is en geneem is vir uitskakeling waar bepaal is of hulle by enige misdade in die omgewing betrokke was al dan nie.

AfriForum se Bloemfontein-takke se sekuriteit- en mediese vennote, VR-Security en VR-Medical staan ook die AfriForum 911 voertuie by. Die AfriForum911 Reaksie Eenheid het AfriForum-lede bygestaan met 42 klagtes en die Mediese Reaksie voertuig het die gemeenskap bygestaan met 19 noodgevalle wat motorongelukke en ander mediese noodgevalle insluit.

Die AfriForum-takke het ook sedert verlede jaar deurlopende instandhoudingswerk gedoen by die President Brand Begraafplaas asook die Brits Monument by die Ou Presidensie. Die takke word ook in hierdie projekte bygestaan deur Anchor of Hope fokus ook al sedert verlede jaar met die instandhoudings van die President Brand Begraafplaas sowel die Brits Monument by die Ou Presidensie en word bygestaan deur Anchor of Hope.

“Veiligheid en netheid vir ons gemeenskap bly ’n prioriteit. Hierdie suksesse is ook te danke aan ons buurtwaglede se harde werk om die gemeenskap te bedien. Ons het uitstekende verhoudings met verskeie sekuriteitsmaatskappye en ons moedig ondernemings en ander lede van die gemeenskap aan om ons hande sterk te maak deur betrokke te raak by hierdie projekte. Ons almal streef na ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms nie net vir onsself maar ook vir ons kinders,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder van Bloemfontein.

AfriForum se vullisverwyderingsdienste het reeds op 1 September 2020 begin weens die munisipaliteit se versuim om hierdie basiese diens te verrig en talle AfriForum-lede sowel as nie-lede maak gebruik van hierdie vullisverwyderingsdiens. Die lede van die gemeenskap word ook aangemoedig om aan te sluit sodat hul verseker kan wees dat hul vullis op tyd opgetel sal word.

“Ek wil ook almal aanmoedig dat indien hul voor hul erf skoonmaak ook die sypaadjies en velde voor hul woning so skoon as moontlik te hou. Dit sal reeds bydra tot ’n mooier en skoner woonbuurt waarop almal kan trots wees,” sê Groenewald

Volg gerus die skakel om aan te sluit by AfriForum se Vullisverwyderingsdienste.

SMS “AfriForum” na 45344 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit en saam hoop te skep.

Soortgelyke plasings