|

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk bome aan Voortrekkers

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het hande met hul plaaslike Voortrekkerkommando’s gevat om lewende monumente te plant. AfriForum het bome aan elke kommando in Bloemfontein geskenk en die eerste boom is op 10 Oktober 2020 as deel van die Voortrekkers se 100ste bestaansjaar geplant.

’n Olienhout is by die Vrouemonument geplant saam met die onthulling van die nuwe Saai-monument. Bome wat deur die verskeie AfriForum-takke geborg is, sal regoor die provinsies geplant word.

“Ons wil AfriForum opreg bedank vir hierdie groot skenking aan die Vrystaatse Voortrekkers,” sê Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat.

“Dit is vir ons ’n groot eer om deel te wees van die lewende monumente wat geplant word. Bome is vir ons belangrik – dit is ’n erfenis. Bome speel ’n groot rol in die ekostelsel en ons sal nie daarsonder kan oorleef nie,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Help AfriForum om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “AfriForum” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings