| | |

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het op 29 Mei 2020 skolehulppakkette aan vier skole geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Hoërskool Jim Fouché, CVO Skool Dankbaar, Laerskool Universitas (Tjokkies) en Laerskool Willem Postma het dié pakkette ontvang om te help om onderwysers en leerders teen COVID-19 te beskerm.

Die skolehulppakket bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van elke pakket beloop R6 500.

“Heelwat skole het nie vir hierdie bykomende uitgawes begroot nie. AfriForum wil skole graag met hierdie pakket help sodat personeel en leerders veilig kan terugkeer skool toe,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Raak betrokke en help AfriForum om ’n verskil te maak in ons skole: SMS “AfriForum” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings