|

AfriForum se Bloemhof-buurtwag spoor gesteelde voertuig op

Die AfriForum-buurtwag in Bloemhof het op 13 Oktober 2020 ’n gesteelde voertuig opgespoor nadat hulle inligting ontvang het van vermoedelik gesteelde beeste op die Weltevrede-hoewes. Die tien boere wat skade gely het weens die diefstal het leidrade saam met die buurtwag opgevolg.

Die buurtwaglede het ’n Ford Ranger Wildtrack met Gauteng-nommerplate op die hoewe opgemerk wat verdag voorgekom het. Die bakkie se nommerplate is nagegaan en daar is bevind dat dit in April in Pretoria gesteel is.

Die beeste was reeds geskuif en is op ’n nabygeleë hoewe gevind. Die SAPD se veediefstaleenheid is ingeroep en ondersoek word hierna ingestel.

Die plaaslike polisie het AfriForum bedank vir hulle werk en inligting in verband met die saak. “Hierdie is ’n bewys dat ons misdaad kan bekamp as ons saamwerk,” sê adjudantoffisier Pieta Lamprecht.

“Die inwoners van Noordwes loop erg deur onder diefstal. Boere se vee word gereeld gesteel en die verliese is groot. AfriForum se buurtwag het bewys dat ons hier is om saam met die SAPD te werk en sodoende deel van die oplossing te wees,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings