| | |

AfriForum se Bloemhof-tak ontsmet plaaslike kliniek

Die AfriForum-tak in Bloemhof het die Bloemhof-gemeenskapsgesondheidsentrum op 27 Julie 2020 ontsmet nadat die kliniek die tak om hulp genader het. Die tak het vroeër reeds die nodige toerusting aangekoop om skole, klinieke en die polisiestasie te ontsmet.

“AfriForum se Bloemhof-tak het gedurende die COVID-19-pandemie bewys dat ons hier is om te help en ’n verskil te maak. Ons help graag ons kliniek wat elke dag hard werk en ons mense ondersteun in hierdie uitdagende tye,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Margaret Matloela, eenheidsbestuurder van die Bloemhof-gemeenskapsgesondheidsentrum, het AfriForum se Bloemhof-tak bedank vir hul ondersteuning en hulp in dié tyd.

AfriForum gaan voort om die gemeenskap tydens die pandemie te ondersteun en wil inwoners aanmoedig om by die tak se projekte en veldtogte betrokke te raak. Belangstellendes kan Willem van Vuuren, takvoorsitter, by 082 322 4646 skakel.

Soortgelyke plasings