|

AfriForum se Bloemhof-tak ontsmet tehuis vir bejaardes

Die AfriForum-tak in Bloemhof het op 14 Augustus 2020 die Edith Smith Tehuis vir Bejaardes op Christiana ontsmet.

Die Bloemhof-tak het hulle nuwe ontsmettingstoerusting gebruik om die Christiana-tak te ondersteun met die noodsaaklike ontsmetting.

AfriForum se Bloemhof-tak het die gemeenskap regdeur die inperkingstyd bygestaan met die ontsmetting van skole, ondernemings en instansies, asook met die skenking van gesigmaskers, handreiniger en kospakkies aan behoeftiges.

“Die Bloemhof-tak het nou al aan die gemeenskap bewys dat AfriForum hier is om ’n verskil te maak en te doen wat ons kan om ons gemeenskap by te staan en te ondersteun,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die inwoners en bestuur van Edith Smith het die tak bedank vir hul hulp en bystand in hierdie tydperk wat steeds talle uitdagings aan bejaardes bied.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings