AfriForum se Bloemhof-tak rig nuwe verkeerstekens op

 

Die AfriForum-tak in Bloemhof het verlede week nuwe verkeerstekens in die dorp opgerig, asook ou verkeerstekens vervang. Die tak was genoop om in te gryp aangesien die afwesigheid van verkeerstekens ’n groot veiligheidsrisiko vir alle padgebruikers inhou.
Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, het versoeke aan die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit om die probleem op te los geen vrugte afgewerp nie.
Nuwe stop- en toegeetekens is op die volgende plekke aangebring:

  • v. Resident- en Hullstraat;
  • v. Resident- en Oosstraat;
  • v. Residentstraat en die plaaslike skietbaan;
  • v. Voortrekker- en Residentstraat; en
  • Kerkstraat en h.v. Brak- en Noordstraat.

Volgens Willem van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak, word nog soortgelyke projekte deur die tak vir dié dorp beplan.

Soortgelyke plasings