| | |

AfriForum se Bloemhof-tak skenk sitrus en aartappels

Die AfriForum-tak in Bloemhof het op 4 en 8 Mei 2020 25 sakke lemoene, 50 sakke nartjies en 10 groot sakke aartappels aan die Japie Kritzinger-tehuis vir bejaardes oorhandig. Van die sitrus en aartappels is ook aan suster Anette Venter van die Chane-kliniek geskenk.

Sowat 60 bejaarde vroue is op 10 Mei 2020 met ’n heerlike bord braaivleis en slaai bederf wat AfriForum in samewerking met die Hope Foundation voorberei en afgelewer het. Die gemeenskap het werklik die afgelope paar weke saamgestaan om minderbevoorregte mense en gesinne te ondersteun.

Bogenoemde aksies vorm deel van die Bloemhof-tak se projek om bejaardes en minderbevoorregtes in die gemeenskap te ondersteun.

“Ons doen ’n beroep op inwoners om betrokke te raak by AfriForum se Bloemhof-tak; saam kan ons soveel meer vir ons gemeenskap doen,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Bloemhof-tak wil graag die Omgee-selgroep en Bacon & Biltong-slaghuis bedank vir hul ondersteuning en donasies gedurende die inperkingstyd.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings