| | |

AfriForum se Bloemhof-tak skenk vleis

AfriForum se Bloemhof-tak het op 29 Julie in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en Saai 150 kg vleis elk aan die Bloemhof-voedselskema en Japie Kritzinger-tehuis geskenk om hulle te ondersteun in die belangrike werk wat hulle sedert die inperking doen.

Dié twee instansies maak slegs staat op skenkings om minderbevoorregte gesinne en bejaardes van voedsel te voorsien.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om die instansies te ondersteun wat so ’n groot verskil in ons gemeenskap maak. Ons sal voortgaan om ons mense met ywer en passie te help,” sê Willem van Vuuren, takvoorsitter.

Skakel die Bloemhof-tak by 082 322 4646 om skenkings te maak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings