|

AfriForum se Boksburg-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Boksburg het op 23 Mei ’n aanlyn vergadering via Microsoft Teams gehou waartydens ’n nuwe takbestuur aangekondig is. AfriForum-gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende lede is tot die bestuur verkies: Frankie Pedreiro (voorsitter), Gerald O’Kelly (ondervoorsitter), Bianca Matthyser (sekretaresse), Henlo Mienie (tesourier) en Daniel Ross (buurtwagleier).

“Baie dankie aan die vorige bestuur wat uitstekende werk gedoen het deur goeie selfdoenprojekte te vestig. Ek is vol vertroue dat die nuwe bestuur sal bou op die fondasie wat gelê is en met nuwe innoverende idees vorendag sal kom om verantwoordelikheid te neem oor die gemeenskap. Die nuwe bestuur wil graag die huidige veiligheidstruktuur versterk en ook fokus op die verbetering van die paaie en algemene netheid van die dorp. Daar sal ook aktief druk geplaas word op die munisipaliteit om hulle tot verantwoording te roep vir dienslewering,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Word vandag nog deel van AfriForum se Boksburg-tak: SMS “Boksburg” na 45340 (R1) of skakel vir Frankie Pedreiro by 071 312 7618 om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings