| |

AFRIFORUM SE BOOMPLANTMAAND: HOOP IS GESKEP VIR DIE NUWE BEGIN

AfriForum het op 6 November sy jaarlikse boomplantmaand afgesluit deur 50 amandelbome (Prunus dulcis) aan die Maranata-sorgsentrum buite Pretoria te skenkAfriForum  het in September en Oktober vanjaar meer as 3 300 bome geplant. Sedert dié projek in 2011 afgeskop het, het dié burgerregteorganisasie bykans 16 000 bome geplant.

Daar is vanjaar veral op twee inheemse boomspesies gefokus: Die algemene spesie is die Kaapse essenhout (Ekebergia capensis), en die skaars spesie die kremetart (Adansonia digitata).

Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, is dié inisiatief deel van AfriForum se pogings om ’n toekoms te verseker vir generasies wat kom. “Vanjaar se projek is veral belangrik omdat ons hoop kon skep dat ons die pandemie sal oorleef.”

In die onsekere tyd waarin ons leef – veral te midde van die COVID-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan – is dit belangrik om te weet dat ons die begin van lente en ’n nuwe begin met só ’n projek kon vier. Om vanjaar ’n boom te plant, gee vir ons moed vir die toekoms omdat ons plant vir die toekoms. Bome is simbole van oorlewing, want oor tien jaar kyk jy na elke boom wat jy geplant het en sê: ‘Ons het oorleef.’”

“Vanjaar het ons takke en gemeenskapslede regoor die land aanmoedig om, buiten die bome wat ons takke in groot maat geplant het, ook bome by hul huise, skole, kerke, gemeenskapsentrums, ouetehuise en parke te plant. Ons het takke ook aangemoedig om uit die lesse van die inperking en die COVID-19-pandemie te leer en waar moontlik vrugtebome te plant,” sê De Klerk.

De Klerk sê deur bome te plant, is ’n mens nie bloot besig om die omgewing te bewaar nie, maar word daar ook gewys dat daar hoop vir die toekoms is. “Net soos wat bome ʼn belangrike rol in die land se welstand speel, simboliseer dit ook die land se mense. Ten einde Suid-Afrika te maak werk, moet ons almal ons deel doen. Alle bome werk saam en dít maak dat die ekosisteem werk. Ons sal hier woon en hierdie land aanhou opbou, sodat almal kan floreer,” sê De Klerk.

SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1 per SMS) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings