| |

AFRIFORUM SE BOTHAVILLE-TAK RIG KAMERAS OP IN HOOFSTRAAT

AfriForum se Bothaville-tak het verlede week vier kameras op die hoek van Van der Lingenstraat en Presidentrylaan in die hoofstraat opgerig. ’n Sekuriteitsmaatskappy sal die kameras 24 uur per dag gratis moniteer. Die kameras kan ook voertuie se nommerplate identifiseer. Die tak en die AfriForum-buurtwag glo dat dit misdaad in die besige feesseisoen sal help beheer. Die eerste sukses is reeds vanoggend behaal toe ’n persoon wat by ’n voertuig probeer inbreek het, vasgetrek is.

“Dit is ’n baie goeie idee om kameras op te rig en veral hierdie tyd van die jaar gaan dit van groot waarde wees om misdaad in Bothaville te beperk. Inwoners word ook aangemoedig om by die AfriForum-buurtwag aan te sluit en so hulle deel te doen om veiligheid in die dorp te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Bothaville” na 31481 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings