|

AfriForum se Brits-buurtwag hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 25 en 26  Februarie ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in dié dorp te verhoog.

Die massapatrollie het hoofsaaklik op die dorpsgebied gefokus. Vyftig patrolleerders in 28 voertuie het tussen 19:00 tot 01:30 altesaam 960 kilometer tydens die patrollie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Dit is vir AfriForum uiters belangrik om voort te gaan met sigbaarheidspatrollies ten einde die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker. Dit is ook belangrik om samewerking tussen verskillende strukture te vestig om misdaad hok te slaan,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Suksesse soos hierdie word aangedryf deur samewerking en doeltreffende kommunikasie tussen die gemeenskap en privaat sekuriteit. Die Brits-buurtwag stel ’n goeie voorbeeld van die sukses wat behaal kan word as die gemeenskap saamstaan en proaktief optree,” sê Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek.

“Ons is dankbaar vir elke lid wat hulle tyd opoffer om ’n verskil te maak. Ons doen verder ’n beroep op lede van die gemeenskap om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Thys van Heerden, buurtwagleier van AfriForum se Brits-buurtwag.

Word deel van AfriForum se Brits-buurtwag: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1) of skakel vir Thys van Heerden by 067 395 6307.

Soortgelyke plasings