|

AFRIFORUM SE BRITS-BUURTWAG VIND GEKAAPTE VOERTUIG TERUG

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 1 Desember 2020 ’n gekaapte voertuig teruggevind nadat die buurtwag inligting ontvang het van ’n voertuig wat in digte bosse langs die R560 staan. Daar is vasgestel, nadat meer inligting met behulp van die nommerplaat ingewin is, dat die voertuig ongeveer 5 km verder op Zilkaatsnek gekaap is. Die SAPD in Brits is ingelig en die eienaar van die voertuig het die voertuig uitgeken en bevestig dat dit sy voertuig is wat vroeër die dag gekaap is.

Die aangeleentheid is aan die SAPD oorgegee en geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

“Ons buurtwaglede is altyd gereed om ondersoek in te stel en hulp te verleen en dit kan toegeskryf word aan ons lede se bereidwilligheid. Dit is goed om te weet dat ons ’n verskil maak. Die afgelope week het ons baie sukses behaal,” sê Thys van Heerden, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Brits-tak.

“Hierdie buurtwaglede het werklik al die eienskappe om ’n baie groot verskil te maak in die bekamping van misdaad. Hul proaktiewe optrede en die daarstelling en gebruik van die nodige hulpbronne wys weereens hoe paraat die buurtwag is,” sê Gerhard Faber, AfriForum se Provinsiale veiligheidskoördineerder vir Noordwes.

Raak vandag nog by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings