|

AfriForum se Brits-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Brits het op 5 Augustus sy huidige bestuur gereorganiseer. Johan de Klerk, voormalige ondervoorsitter van die tak, het die leisels oorgeneem as voorsitter.

Die nuwe takbestuur bestaan verder uit Philip Riekert (tesourier), Adél Breytenbach (sekretaris) en Thys van Heerden (veiligheidsvoorsitter).

“In dié stadium is veiligheid vir ons die grootste prioriteit en dit is vir ons van kardinale belang om plaasaanvalle in die gebied hok te slaan. Ons is aktief besig om ons veiligheidstruktuur uit te brei en ons radionetwerk te vergroot.

“Nadat ons die gemeenskap beveilig het, wil ons egter ook ernstig daarop fokus om omgewingskwessies en diensleweringsprobleme in die Brits-gebied op te los,” sê De Klerk.

“Ek is baie opgewonde oor die werk wat die afgelope ses maande deur die Brits-tak gedoen is. Die struktuur het geweldig gegroei, veral op veiligheidsvlak. Ons verwag dat die tak selfs nog verder sal versterk in die komende maande,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ek sien ook daarna uit om in die toekoms saam met die nuwe bestuur te werk en om te bou op die goeie werk wat tot op hede gedoen is,” sluit Coetzee af.

Raak vandag nog by AfriForum se Brits-tak betrokke: SMS “Brits” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings