AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwag spoor gesteelde voertuig op


Die AfriForum-buurtwag in Bronkhorstspruit het op 3 November 2018 danksy sy voorsitter se waaksaamheid ’n gesteelde voertuig opgespoor. ’n Groen Nissan-bakkie is verlate langs die R104 opgemerk, waarna die SAPD in Bronkhorstspruit daarvan in kennis gestel is.

“Ek wil ons lede bedank vir hulle onbaatsugtige, vrywillige optrede en vir die puik samewerking tussen ons buurtwag en die SAPD,” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.
“Dit is beslis voordelig om oplettend oor ons omgewing te wees, soos ons buurtwag se sukses tereg bewys,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak deur “Bronkhorstspruit” na 4534 te SMS (R1) of ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za te stuur.

Soortgelyke plasings