AfriForum se Bronkhorstspruit-tak en -buurtwagte ontvang opleiding


Lede van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak en -buurtwagte, asook plaaswagte in die omgewing het onlangs algemene veiligheidsopleiding ontvang.

“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwagte se hoofdoel is om die gemeenskap te beveilig. Ons is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en ons wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dít te verwesenlik,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.
“Dit is nie slegs buurtwaglede wat by dié opleiding baat nie, maar ook die breër gemeenskap. Buurtwagte is daar om bystand aan die plaaslike polisie te bied en om te help om die gemeenskap tydens noodgevalle te mobiliseer,” sê De Klerk.

Sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS “BHS” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings