AfriForum se Bronkhorstspruit-tak kry nuwe bestuur


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het op 4 September 2018 ’n reorganiseringsvergadering gehou waar ’n nuwe takbestuur verkies is.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Magda Lewis (voorsitter), Leon von Benecke (ondervoorsitter), Christa Botha (sekretaris), Johann Botha (tesourier), Hayward Vermaak (gemeenskapsveiligheid), Liesel Vermaak (jeug) en Liam Lewis (addisionele lid: jeug).
Die portefeuljes vir plaaslikeregeringsake en omgewingsake moet egter nog gevul word en AfriForum moedig lede van die Bronkhorstspruit-gemeenskap aan om betrokke te raak sodat dié poste ook gevul kan word.

“Ek het volle vertroue in die pasverkose takbestuur en dat hulle groot suksesse sal behaal en dat hul grootste fokusareas gaan wees om verskeie selfdoenaksies te dryf en die AfriForum-buurtwagte van die tak toe te rus,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

AfriForum versoek inwoners van die Bronkhorstspruit-area om dié AfriForum-tak te ondersteun. SMS jou naam na 45341 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings