AfriForum se Bronkhorstspruit-tak maak kruising skoon

AfriForum se tak in Bronkhorstspruit het op 3 Oktober 2020 die R25/Masada-kruising skoongemaak ná die vullisverwyderingstrokke groot hoeveelhede rommel daar tydens ’n munisipale staking afgelaai het.

Lede van dié tak het reeds om 05:30 met die werk begin en altesaam 23 vullissakke is verwyder.

“Ons wil graag almal bedank wat by dié projek betrokke was. As ’n gemeenskap moet ons saamwerk om ons omgewing veilig en skoon te hou,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir  Groter Pretoria-Noord. “Baie dankie aan almal wat by die projek betrokke was.”

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS “Bronkhorstspruit”  na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings