|

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak maak monumente skoon

AfriForum se tak in Bronkhorstspruit het op 24 September as deel van Erfenisdag-vieringe monumente in die gebied skoongemaak en opgeknap.

“Geskiedenis speel ’n belangrike rol in ons lewe. Dit help ons om uit die verlede te leer om beter besluite in die toekoms te neem. Daarom moet hierdie monumente bewaar word vir die toekoms,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-area.

“Dit is belangrik dat ons eienaarskap van ons eie erfenis neem en dit was lekker om te sien dat die gemeenskap inspring om ons erfenis te beskerm. Ons sien uit om nog projekte soos dié aan te pak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-area.

“Dankie aan ons wonderlike AfriForum-lede, AfriForum Jeug, ouers en Welverdiend Geloftefees-lede wat vandag gehelp het om ’n deel van ons erfenis vir ons nageslag te bewaar. Volgende jaar maak ons weer so,” sê Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak.

Raak vandag nog betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak om daadwerklik ’n verskil in jou gemeenskap te maak. SMS “Bronkhorstspruit” na 45341 (R1) vir meer inligting oor die tak, asook om uit te vind hoe om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings