|

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak rig Welkom in AfriForum-wêreld-borde op

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op 1 Augustus begin om Welkom in AfriForum-wêreld-borde in die area op te rig. Hierdie borde dien as bewusmaking van AfriForum se teenwoordigheid in die area en dat die organisasie besig is met projekte om die algehele netheid en veiligheid van die dorp te verbeter – een van drie borde is sover opgerig.

AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwag het reeds gedurende die jaar verskeie projekte aangepak en hulle fokus daarop om ’n veiliger omgewing te skep.

Die tak hoop dat hierdie nuwe borde die gemeenskap sal aanmoedig om meer betrokke te raak by die veiligheidstrukture asook by projekte wat aangepak word.

“AfriForum sal aanhou om ons strukture te versterk en hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak.  Hierdie borde is deel van ’n projek wat AfriForum regdeur die Pretoria-area wil uitvoer.  Dit is belangrik om bewusmaking te skep oor die werk wat ons take doen en dat gemeenskappe sal inskakel by hul plaaslike strukture om sodoende ’n groter verskil te maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord-area.

Die tak nooi die gemeenskap uit om deel te neem aan die toekomstige aksies wat die tak beplan.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings