AfriForum se Bultfontein-tak help om verdagtes te arresteer


AfriForum se Bultfontein-buurtwag het op Sondag 14 April 2019 gehelp om twee verdagtes te arresteer. Dié verdagtes is in verband met huisbrake in hegtenis geneem.

’n Lid van die gemeenskap het die buurtwag op die noodgroep in kennis gestel dat ’n huis se alarm afgaan. Die buurtwag is na die toneel ontbied en die verdagtes is binne minute in hegtenis geneem.
Die verdagtes is danksy puik skakeling tussen die gemeenskap, buurtwag en die polisie vasgetrek.

“Stadig maar seker is ons besig om ons droom – om Bultfontein misdaadvry te kry – te bereik,” sê Tony Swanepoel, voorsitter van AfriForum se Bultfontein-tak.
“Dit is positief om te sien hoe die gemeenskap, polisie en buurtwag saamspan om misdaad te bekamp. Hierdie is net weer ’n bewys van wat ons kan regkry as almal saamwerk. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te beveilig,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Help jóú gemeenskap en raak by AfriForum betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings