AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek het op 29 en 30 Januarie 2019 opleiding ten opsigte van die regsaspekte van veiligheid ontvang. Die opleidingsessie is deur bykans 100 lede van die gemeenskap bygewoon en is deur Johandré van Zyl, AfriForum-gemeenskapsveiligheid se streekshoof vir die Noord- Oos- en Wes-Kaap, aangebied.
Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak.

Volgens Van Zyl is AfriForum tans sterk op veiligheid toegespits: “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei moet word om hulle in staat te stel om hulself binne die raamwerk van die wet te beveilig,” sê Van Zyl.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings