AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag ontvang vlak 1- mediese opleiding

 

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag buite Nelspruit het die afgelope naweek mediese opleiding vir hul lede aangebied. Attie Marais van die MD EMS-opleidingsentrum het die opleiding behartig. Hierdie buurtwaglede is nou almal vlak 1-eerstehulpbeamptes en kan sowel bloeding stop as kardiopulminêre bybrenging (resussitasie) toepas.

“Vanweë die moeilike terrein en die ligging van die gebiede waarna ons buurtwag moet omsien, neem mediese voertuie en personeel soms lank om by ’n toneel op te daag. Hierdie opleiding stel ons in staat om ’n slagoffer te help tot paramedici by die toneel opdaag,” sê Devon McCullough, voorsitter van die AfriForum Cairn Burnside-plaaswag.
“Verdere opleiding word ook vorentoe beplan om selfs meer gevorderde hulp aan slagoffers te kan verleen. Ons beoog om lede binne die volgende paar maande minstens tot op vlak 3 te neem,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga.

Raak betrokke: SMS “plaaswag” na 45350 (R1).
 

Soortgelyke plasings