|

AfriForum se Centurion-tak skenk geld aan plaaslike DBV

AfriForum se nuutgestigte Centurion-tak het op 21 Julie 2020 reeds hul eerste projek ná hul onlangse stigting aangepak deur R1 500 aan die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) te skenk.

Die DBV het ’n groot behoefte aan fondse om die diere se mediese kostes te betaal en daarom het die tak dit goed gedink om dié nood te verlig.

“Die is een van vele aksies wat die Centurion-tak in die toekoms gaan aanpak en ons sien uit na die verskil wat die tak in die gemeenskap gaan maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“Die gemeenskap is baie ywerig om aksies aan te pak en die omgewing vir almal te verbeter. Ons glo dat die tak ’n groot verskil in die gemeenskap gaan maak. AfriForum sal aanhou om ons strukture uit te brei en gemeenskappe te versterk,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Die tak beplan om verskeie projekte in die toekoms aan te pak en wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe sterker is die tak en hoe meer kan dit verrig.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings