|

AfriForum se Christiana-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Christiana-buurtwag het van 26 November tot 12 Desember 2019 aan dié burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem.

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners deur middel van hoë sigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum-buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

 

“Aksies soos dié bevorder samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul omgewing te beveilig,” sê Hennie Spalding, voorsitter van AfriForum se Christiana-buurtwag.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings