|

AfriForum se Cradock-tak skenk bome aan Laerskool Cradock

Die AfriForum-tak in Cradock het op 29 September 2021 bome aan Laerskool Cradock geskenk as deel van die organisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Die Oos-Kaap gaan tans gebuk onder ’n geweldige droogte en daarom is daar besluit om tien spekbome te skenk.

“Die AfriForum-tak heg baie waarde aan ons omgewing en het ’n verantwoordelikheid om ’n beter woonplek vir ons kinders na te laat. Ons wil met projekte soos dié ’n bewustheid en kultuur van bewaar en verbeter, onder veral ons kinders, vestig,” sê Wayne de Beer, voorsitter van AfriForum se Cradock-tak.

“AfriForum en al sy takke werk hard om ’n wesentlike verskil in dorpe te maak. Ons wil al ons takke bedank wat ingespring het om bome tydens Boomplantmaand te plant,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog deel van AfriForum se Cradock-tak betrokke: SMS “Cradock” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings