AfriForum se Delmas-tak oorhandig wenslys aan munisipaliteit


AfriForum se Delmas-tak het ’n wenslys aan Jacob Mahlangu, munisipale bestuurder van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit, oorhandig wat verskeie probleme in dié dorp omskryf.
Dit volg nadat dié tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het wat as deel van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aandag moet geniet.
Volgens die takvoorsitter Carel Botha het munisipale beamptes tydens ’n vergadering met AfriForum onderneem om dié probleme by die GOP te voeg en te hanteer.

“AfriForum vertrou dat daar ’n goeie samewerkingsverhouding met die munisipaliteit sal wees,” sê Botha.

Pete van Diepen, die tak se omgewingsvoorsitter, moedig die gemeenskap aan om by hul dorpe betrokke te raak en sodoende tot die verbetering daarvan by te dra.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings