|

AfriForum se Duiwelskloof-buurtwag neem aan sigbaarheidsaksie deel

AfriForum se Duiwelskloof-buurtwag in Tzaneen het op 14 Februarie 2020 ’n suksesvolle sigbaarheidsaksie geloods en padblokkades saam met die SAPD beman.

Vyf mense is tydens die padblokkades vir openbare dronkenskap gearresteer, terwyl bestuurders ook beboet is omdat hulle nie hul sitplekgordels vasgemaak het nie, vir ongelisensieerde voertuie en vir die bestuur sonder ’n geldige rybewys.

“Ons wil die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning in die stryd teen misdaad en sal aanhou om hierdie aksies saam met die SAPD aan te pak,” sê Riaan Swart, voorsitter van AfriForum se Duiwelskloof-buurtwag.

Raak vandag nog by dié buurtwag betrokke: SMS “Tzaneen” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings