| |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HELP MET VOORBRANDE

AfriForum se Dullstroom-buurtwag het in Junie gehelp om voorbrande in dié dorp te maak. Daar is op verskeie gebiede in en om Dullstroom gefokus en die plaaslike brandweer en boere rondom Dullstroom het saam aan die projek gewerk.

“Die projek is daarop gemik om die dorp te help beveilig. Dit verlaag misdadigers se kanse om weg te kruip en ook die brandrisiko vir omliggende huise en erwe,” sê Gerhard Delport, leier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit by AfriForum se Dullstroom-buurtwag aan: SMS “Dullstroom” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings