| |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HELP TERWYL VRAGMOTOR BRAND

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het op 8 Mei 2021 ’n toneel beveilig waar ’n vragmotor aan die brand geslaan het.

Buurtwaglede het omstreeks 20:00 ’n groot slag gehoor en by verdere ondersoek is daar ’n brandende vragmotor op die R540 net buite Dullstroom gevind.

Die buurtwaglede het onmiddellik begin om die plaaslike brandweer en SAPD by te staan om die omgewing te beveilig. Die spanne het vir sowat vyf ure gehelp om verkeer te reguleer sodat die brandweer die brand kon blus.

“Die R540 is ’n besige pad en die ligging van die brandende vragmotor het ons genoodsaak om die verkeer op ’n ordelike manier te reguleer sodat die lede van die brandweer nie in gevaar is nie. Dit is net nog een van vele maniere wat ons mense se lewens moet help beskerm,” sê Gerhard Delport, buurtwagleier by AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

SMS jou naam na 45350 en sluit aan by AfriForum om ’n daadwerklike verskil te maak.

Soortgelyke plasings