AfriForum se Edenvale-buurtwag bied skietdag aan


Die AfriForum-buurtwag in Edenvale het op Saterdag, 24 Februarie 2018 ’n skietdag by die Rooikraal-skietbaan gehou, waartydens 14 deelnemers in verskeie veiligheidstegnieke touwys gemaak is.

“Gemeenskappe se veiligheid en paraatheid behoort opgeskerp te word. Inisiatiewe soos dié bied ’n oplossing om proaktief te kan optree. Die onlangse vlaag plaasmoorde is kommerwekkend en ons kan nie langer sit en wag om deel van die statistiek te word nie,” sê Derelle Steyn, voorsitter van Edenvale se AfriForum-buurtwag.
“Die skietdag was ’n reusesukses en ons wil die gemeenskap aanmoedig om aktief by hierdie inisiatiewe betrokke te raak. Hierdie vaardighede stel jou in staat om binne die raamwerk van die wet in noodsituasies te kan optree,” sê Steyn.

Die tak beplan om dié jaar weer veiligheidsdae vir die gemeenskap te hou waartydens daar op ander opleiding en beveiliging gefokus gaan word.
Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings