|

AfriForum se Edenvale-tak woeker met skoonmaakaksie by brug

Die AfriForum-tak in Edenvale het op 25 September hulle vierde brug in drie weke skoongemaak. 

Die Edenvale-tak plaas die belange van die gemeenskap eerste en wil graag deur middel van aksies soos hierdie verseker dat onwettige storting nie plaasvind en besoedeling vererger nie. Vrywilligers gebruik hulle eie tyd om die areas rondom die brûe op te ruim en die vullis te verwyder en wys só hoe ’n gemeenskap ’n verskil kan maak.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskapslede en ondernemings om op ’n wettige wyse ontslae te raak van hul vullis, soos by wettige vullisterreine of oorlaaistasies. AfriForum moedig ook die publiek aan om hande te vat met gemeenskapsorganisasies soos AfriForum en by projekte soos dié betrokke te raak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na  dewet.ungerer@afriforum.co.ca.

Soortgelyke plasings