AfriForum se Ellisras-buurtwag behartig veiligheid by fietsrydag


Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het op 15 September die veiligheid tydens ’n fietsrydag wat by die Hoërskool Ellisras gehou is, behartig.

Volgens Gideon de Jager, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Ellisras-tak, was daar geen ernstige insidente op die dag gewees nie. “Die enigste insidente wat op die dag voorgekom het was deelnemers wat met hul fietse geval het. Die veiligheidspersoneel was goed voorberei en kon enige beseerdes vinnig en effektief bystaan. Dit was vir ons as buurtwag lekker om by só ’n aksie te kon help en ons sal graag in die toekoms weer by sulke gemeenskapsaksies betrokke wil wees.”

Jy kan help om jou omgewing te beveilig en ’n verskil in jou gemeenskap te maak – raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke deur “Buurtwag” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings