AfriForum se Endicott-buurtwag in Springs kry opleiding


Lede van AfriForum se Endicott-buurtwag in Springs het op 11 Oktober 2017 die eerste fase van hulle formele opleiding voltooi. Dié opleiding behels die organisering en uitvoering van doeltreffende patrollies, toneelhantering, voorvalbeheer, asook ’n uiteensetting van die wetlike aspekte waarmee buurtwaglede dikwels gekonfronteer word.

“Dit is nie net buurtwaglede wat by dié opleiding baat nie, maar ook die breër gemeenskap. Buurtwagte is daar om te help om die gemeenskap in samewerking met die plaaslike polisie te beskerm en te beveilig, en om dít te kan doen moet elke lid oor die nodige kennis beskik,” sê Wouter Steyn, voorsitter van AfriForum se Endicott-buurtwag in Springs.

Soortgelyke plasings