AfriForum se Endicott-plaaswag trek misdadigers vas


AfriForum se Endicott-plaaswag het op 29 Oktober 2018 in samewerking met die SAPD drie vermeende Mosambiekse misdadigers vasgetrek.

Dit volg nadat een van die gemeenskapslede die plaaswagvoorsitter, Roben Collen, in kennis gestel het dat drie mans in ’n wit bakkie besig was om skrootmetaal by ’n plot in Ethalweg, Endicott te verwyder.
Lede van die plaaswag is na die toneel ontbied. Die drie vermeende verdagtes is in die bakkie met die skrootmetaal voorgekeer. Die voertuiglisensie het reeds in 2015 verval en die voertuig se enjin was sonder ’n sleutel aangeskakel. Die verdagtes het ook geen vorm van identifikasie of paspoorte by hulle gehad nie en is aan die SAPD oorhandig, wat hulle later as Mosambiekse burgers geïdentifiseer het. Die eienaar het die SAPD vergesel om ’n saak van diefstal aan te meld, waarna die skrootmetaal aan die eienaar terugbesorg is.

“Ons as AfriForum-plaaswaglede sal in samewerking met die SAPD alle moontlike pogings aanwend om misdaad in Endicott hok te slaan,” sê Robin Collen, voorsitter van AfriForum se Endicott-plaaswag.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings