|

AfriForum se Endicott-plaaswag trek vermeende dief vas

Lede van AfriForum se Endicott-plaaswag wat deel van AfriForum se Springs-buurtwag vorm, het vandag ’n vermeende misdadiger vasgetrek nadat daar op ’n lid se noodroep gereageer is. Die lid het die verdagte, wat reeds geruime tyd in die Endicott- en Vischkuil-gemeenskap gesoek word, op sy perseel gewaar waarna hy die plaaswag in kennis gestel het. Die verdagte word gesoek vir beweerde diefstal van toerusting op die lid se hoewe, asook vir ’n inbraak by ’n naburige hoewe.

Die buurtwaglede het die verdagte spoedig vasgetrek waarna die verdagte aan die polisie oorhandig is.

“Ek is baie trots op die Endicott-lede se vinnige optrede. Dié lede het die afgelope maande meer as hul deel gedoen om die gemeenskap op verskeie maniere te ondersteun,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

AfriForum se Springs-tak wil die gemeenskap aanmoedig om by hul naaste veiligheidstrukture aan te sluit. Raak vandag nog betrokke: SMS “Springs” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings