|

AfriForum se Ermelo-buurtwag vind gesteelde voertuig terug

Die AfriForum-buurtwag in Ermelo het op 27 Maart gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind.

Omstreeks 21:10 is inligting van boere ontvang dat ’n gesteelde voertuig op die N2 by Panbult opgemerk is, terwyl die plaaslike sekuriteitsmaatskappy en die SAPD saam met die Ermelo-buurtwag daarop gereageer het.

Die voertuig is weer in Ermelo opgemerk en die lede het die voertuig voorgekeer. Die voertuig is na die Ermelo-polisiekantoor geneem vir verdere ondersoek.

“Hierdie sukses bewys dat goeie samewerking met verskeie organisasies tot suksesse lei,” sê Heinrich Jansen van Rensburg van Ermelo, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Ermelo.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Ermelo-buurtwag: SMS “Ermelo” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings