|

AfriForum se Ermelo-tak borg hempies aan JJ Pre-Primêr

Die AfriForum-tak in Ermelo het op 28 April geborgde T-hemde by JJ van der Merwe Pre-Primêre Skool afgegee.

“Ouers en skole moet elke sent dubbel omdraai en daarom help ons met hierdie inisiatief,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak.

Die tak het ook ’n onveilige elektriese verbinding van 400 volt beveilig wat ongeveer 30 meter van die skoolhek was. Die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit het die verbinding glo oopgelos.

“Dit wek groot kommer dat konneksies soos hierdie net so gelaat word en dien as ’n bewys dat die munisipaliteit geen respek het vir ander mense se lewens nie,” sê Frikkie du Plessis van die Ermelo-tak.

Soortgelyke plasings