Afriforum se Fichardtpark-tak help om water aan hospitaal in waternood te voorsien


AfriForum se Fichardtpark-tak het op 16 November 2017 met die Mangaung-brandweerstasie geskakel ten einde water aan die Rosepark hospitaal te voorsien. Dít volg nadat ’n pyp gebars het, wat gelei het tot die noodafsluiting van water in dié gebied.
Die takbestuur het met die brandweer gereël dat hulle die watertenks by die hospitaal weer opvul.

“Die brandweer het die hospitaal van 60 000 liter water voorsien om onder meer aan die hospitaal se basiese sanitêre behoeftes te voldoen,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoӧrdineerder vir die Vrystaat.

Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit het die watertoevoer weer teen 20 November herstel.

Soortgelyke plasings