|

AfriForum se Fochville-buurtwag hou eerste sigbaarheidspatrollie

AfriForum se Fochville-buurtwag het op 11 Oktober 2019 hul eerste sigbaarheidspatrollie gehou om kriminele elemente in dié gebied te ontmoedig. Buurtwaglede het met aanvangs van die patrollie ook die nodige toerusting daarvoor ontvang. Verskeie veiligheidsinstansies het saam met die buurtwag aan die patrollie deelgeneem.

“Ons gemeenskappe moet saamstaan en ’n verskil maak. Só kan ons buurtwag ook die SAPD bystaan om misdaad binne die raamwerk van die wet te beveg,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

 

“AfriForum se Fochville-buurtwag is trots daarop om deel van ’n nasionale netwerk van buurtwagte te kan wees waarin meer as 146 gemeenskappe hul eie veiligheid in samewerking met die SAPD en ander rolspelers prioritiseer,” sê André van den Berg, voorsitter van AfriForum se Fochville-tak.

Soortgelyke plasings