|

AfriForum se Fochville-jeug maak by Groot Trek-gedenkmonument skoon

Die jeugvleuel van AfriForum se Fochville-tak het op 23 Oktober 2021 as deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog ’n groot skoonmaakprojek by die Fochville Groot Trek-gedenkmonument van stapel gestuur. Voordat die jeug begin het om skoon te maak, is hulle eers oor die monument en die geskiedenis daarvan ingelig, asook waarom dit belangrik is dat geskiedenis vir die nageslag bewaar moet word.

18 jeuglede (laer- en hoërskoolleerders) en lede van die gemeenskap het tydens die skoonmaakprojek die gras by die monument gesny, bome gesnoei en vullis opgetel. Ongeveer 40 swart sakke vullis is weggery. 

Volgens Jaco van der Merwe, voorsitter van AfriForum se Fochville-tak, is dit belangrik dat ons geskiedenis en monumente bewaar moet word. “Dit is verblydend om te sien dat die jeug bereid is om hul tyd op te offer om te help om die monument skoon en netjies te maak. Ek wil ook dankie sê aan elkeen wat gehelp het om ’n verskil te maak.” Sluit vandag nog by AfriForum se Fochville-tak aan en word deel van die oplossing: SMS “Fochville” na 43540 (R1).

Soortgelyke plasings