AfriForum se Frankfort-tak hou gemeenskapsvergadering


Die AfriForum-tak in Frankfort het die plaaslike gemeenskap na ’n algemene vergadering op 30 Januarie 2019 genooi om probleme te bespreek wat in dié dorp geïdentifiseer is.  Ongeveer 60 mense het die vergadering bygewoon.

Die tak is met beplanning vir toekomstige aksies gemoeid en wou die gemeenskap toespreek oor die belangrikheid van samewerking tydens hierdie aksies. Die gemeenskap is versoek om by die tak betrokke te raak en aan aksies deel te neem wat die dorp se omstandighede verbeter.
Deidre du Preez van AfriForum se plaaslikeregeringsafdeling het die gemeenskap oor die funksies van munisipaliteite toegespreek, asook oor suksesse wat AfriForum reeds deur middel van spanwerk en selfdoenprojekte in ander gemeenskappe bereik het.

“AfriForum se Frankfort-tak wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te loods. Met goeie spanwerk en geesdrif kan elke dorp bo sy omstandighede uitstyg en van die gemeenskap ’n beter plek vir almal maak,” sê J.P. Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Frankfort-tak nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Frankfort” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings