AfriForum se Frankfort-tak loods skoonmaakprojek


Die AfriForum-tak in Frankfort het 2019 afgeskop met die skoonmaak van dié dorp se begraafplaas. Lede van dié tak het op 22 Januarie 2019 die begraafplaas se gras gesny, grafte netjies gemaak en vullis opgetel.

Die tak is reeds besig met beplanning vir verdere onderhoudswerk aan die begraafplaas in die komende maande. Verskeie ander selfdoenaksies word ook in Frankfort beplan en die tak onderneem daarmee om self die omstandighede in die dorp te verbeter.

“AfriForum se Frankfort-tak wil graag die kwessies wat die gemeenskap kwel aanpak en daarom loods ons selfdoenaksies wat die omgewing vir almal ’n beter plek maak. Die doel agter hierdie aksies is om hoop in ons gemeenskap te skep,” sê J.P. Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Frankfort-tak nooi die gemeenskap uit om gereeld by hierdie tipe aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings