AfriForum se Gansbaai-buurtwag lê beslag op perlemoen

’n Lid van die pasgestigte AfriForum-buurtwag in Gansbaai het op 18 April 2017 op 40 kg se perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van R80 000 beslag gelê.

 Die buurtwaglid, wie se naam om veiligheidsredes weerhou word, het patrollie in De Kelders, ’n buurt van Gansbaai, gery toe hy twee mans in ’n digbeboste gebied sien wegkruip het. Hy het hulle genader, waarna die twee probeer het om op die vlug te slaan. Die buurtwaglid het sy flitslig op hulle geskyn en hulle beveel om stil te staan. Die twee mans het dit egter reggekry om te vlug en by nadere ondersoek het die buurtwaglid op perlemoen afgekom wat in plastieksakke was wat die mans saam hulle gedra het. Dit is egter onbekend of hulle die perlemoen self uitgehaal het en of hulle daarmee handel wou dryf.
 Die buurtwaglid het die perlemoen na die Gansbaai-polisiestasie geneem en dit aan die personeel aan diens oorhandig.

Soortgelyke plasings