|

AfriForum se Gauteng-Suid-takke woeker tydens Covid-19-pandemie

AfriForum se Gauteng-Suid-takke woeker tydens die Covid-19-pandemie. Die Vanderbijlpark-tak het in samewerking met Helpende Hand sedert die staat van inperking ingestel is sowat R200 000 se hulpakkette aan behoeftige gesinne in hul omgewing geskenk en versprei, terwyl die Kempton Park-tak vandag 25 liter handreinger, 500 maskers en 500 paar handskoene aan die Elim-kliniek geskenk het.

Vir meer inligting of om ‘n bydra aan AfriForum se Vanderbijl-tak te lewer stuur ‘n e-pos na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings