|

AfriForum se buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte reg oor Suid Afrika het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 08:00 die volgende oggend voortgeduur.

1 619 patrolleerders het aan dié patrollie deelgeneem en ’n totaal van 41 051 km in 1 216 voertuie afgelê. 92 insidente is gerapporteer en gesamentlik met die SAPD, GPF, sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies hanteer.

“AfriForum se 164 buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Raymond Hohls, AfriForum se waarnemende hoof van veiligheid.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings