AfriForum se Germiston-buurtwag kry nuwe veiligheidstoerusting


AfriForum se nuutgestigte buurtwag in Germiston het veiligheidstoerusting ontvang nadat die plaaslike tak dié behoefte geïdentifiseer het weens ’n toename in misdaadaktiwiteite in die omgewing. Die toerusting sluit koeëlvastebaadjies, glimbaadjies, voertuigmagnete en radio’s in.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan. Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur. Die Germiston-buurtwag kan hiermee daadwerklik tot die bekamping van misdaad in dié gebied bydra. Die buurtwag sal voortaan verskeie aksies en patrollies in samewerking met ander veiligheidstrukture loods om misdadige aktiwiteite te stuit,” sê Thabo Moloy, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Germiston-tak.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en die buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons kan maak,” sluit Moloy af.

Raak vandag betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings